Monsters Jag in die Nag

Elke nag sluit ek die hek met ‘n ketting en ‘n slot, maak dan die deur toe en sluit die met nog twee skyf-slotte. Al die vensters moet toe wees veral die badkamer sin en ek slaap met ‘n mes agter my kop terwyl Manlief die geweer langs hom het. Die radio is aan, die selfone gelaai, skoene en klere reg vir aan trek, koeëlvaste baadjie hang reg vir aantrek.

Nee, dis nie die begin van ‘n riller boek of fliek nie en dis ook nie oorlog nie. Dis hoe jy deesdae boer. Van patrollie ry in die nag tot knipmesse in jou pantie saam dra, mens moet alles doen wat jy kan om jouself ‘n kans te gee om te oorleef as hulle kom vir jou. Nee, nie AS hulle kom vir jou nie maar eerder WANNEER hulle kom vir jou. Ons is min op die plaas deur die jaar en probeer ons deel dus doen met die plaaswag oor Desember as ons hier is. Wat beteken ons ry die tye wat meeste ouens nie wil…alles na 12am. Gelukkig geen probleme, net baie wild en sukkel om wakker te bly. Dan een nag sit jy rustig en tv kyk of slaap en skielik maak daardie radio ‘n kraak geluid.

“Alle lede, daar is draad geknip op *****, stompe in die pad gepak om pad te versper, kan die lede asseblief bystand lewer.”

Die manne gryp die gewere, die kleintjies word bed toe gejaag, die vrouens maak koffie en koek om die radio en elke sel in jou liggaam is op veg of vlug mode gestel want dalk val hulle daardie boer aan, dalk is dit net om ander boere van die plaas af te kry en ons in die huis is eintlik die teiken. Of jy moet saam die manne om kabeldiewe tot 4uur die oggend te gaan jag. Julle ry en staan op plekke waar jy skaars dit in die dag sal waag en selfs die wind in die bome laat jou hart vinniger klop.

Oordryf ek dalk? Nee. Ek dink ons moet ophou om die lewe op ‘n plaas te probeer sugar coat en reg uit met mekaar praat oor hoe moeilik dit is. En waar is die res van die “volk” wat swart hempies gedra het? In die bed besig om te slaap. Te besig om ‘n plaaswag te nader en te vra wat het ons boere nodig om die geveg makliker te maak. Wat van skenk geld vir ‘n drone sodat ons in die nag die manne kan kry in die bos deur hulle warm lywe te sien of skenk petrol al is dit een kan sodat ons patrollies kan doen. Is jy ‘n dokter of ‘n nurse? Nou bied jou diens aan vir die boere en leer hulle hoe om noodhulp toe te pas want daar is hordes wat dit nie weet. Gaan net bietjie en vra waarmee kan jy help.

Laat middag, die krag dip en skielik is dit af. Ma en Manlief stap om te kyk wat is die storie maar die haartjies in my nek staan klaar reg op.

Ek: Manlief, gaan kyk of pa bo in die stoor okay is. Hy is besig om ligte in te sit en net nou lê die ou bal gebraai daar in die stoor.

Ons lag, Manlief stap op, Ma gaan stort, ek loop die huis op en af soos ‘n ding wat in ‘n hok vas sit. Iets is nie lekker nie. Ma se foon lui. Water af. Antwoord. Haar stem klim en klim, ek hardloop al na die badkamer. “wats fout” haar toe die deur oopskiet. Dis buurman langsaan (swart buurman by the way) onbekede hoeveelheid totsis op ons grond daar na die stoor se kant. My bene roer voor my kop kan tel. Ek hardloop met alles in my, kaalvoet, stoor toe. My pa en man is daar, hulle weet nie daar is gevaar op die plaas. En soos ek hardloop vloek ek myself. Geen skoene aan, my mes is iewers in die huis en ma het die radio. Ek is vrek onfiks maar ek skree al van ver “swartes op die plaas, swartes op die plaas” en nou moet hulle maar vir my vang, ek sal darem gewaarsku kry. Ons al drie is onfiks soos die hel maar hardloop dat die honde hyg terug huistoe. Ek kan nie skiet en moet dus in die huis bly terwyl ma, pa en man saam die ander boere gaan soek vir die ouens (wat toe gelukkig net een was wat die plaas dop gehou het). Agter die huis, onder in die spruit vlieg die duiwe skielik op en ek weet daar gaan die bliksem berg op. Laat weet hulle maar sonder hond of drone is die spoor gou weg. Daardie nag was ek ‘n ander tipe sweet van my af, dis die stank van skrik en dit ruik soos iets wat ek nie ken.

Elke oggend staan ons op met die Bosveld se gesang, dan werk ons dat die sweet wit sout op jou arms maak en vanaand as daardie son rooi agter die berg in kruip kyk jy oor wat jy vermag het en ‘n trots blom in jou hart wat jou  deur die bang van die aand dra en jou hoop gee tot die son weer uit loer. Is dit hoe ons voorouers met die Trek gevoel het? Is dit dalk daardie Boer bloed wat in my are bruis wat my nie bang maak vir hierdie lewe? Moet wees. Oupa van der Merwe was deel van die Groot Trek en Ouma Erasmus het sewe kleintjies in die kamp verloor en steeds terug gegaan en gaan boer. Mens se hande is af gekap oor wat jy kan doen om jou gesin te beskerm want skiet jy iemand sit jy met jou gat in die tronk en skiet jy nie is jy ‘n gat in die grond. Maar ons gees, dis iets wat ek besef het niemand aan kan vat. Ons hoop vir ‘n beter môre. Ons liefde vir hierdie grond waarop elkeen van ons ‘n eerste skree en ‘n eerste tree gegee het.

Ja daar is monsters in die nag maar al wat hulle doen is om ons nader aan mekaar te druk en jong, die Empire het destyds ‘n handjie vol “savage boers” onderskat….ek sê maar net.

Image result for give me two divisions of those marvellous fighting boers

Leja

P.S Die is geskryf uit verskeie se oogpunt en moet nie alleenlik opgeneem word as net myne. Om die braai word daar gesels en ek verwoord hier sommige se emosies ook.

 

Advertisements

Hallo 2018

Ons is al verby die eerste week van Januarie. Tyd vlieg nie, hy jaag soos ‘n lus tiener op sy scooter om sy cherry op ‘n date te vat. Desember was goed, ek het gerus en baie insig gekry oor dinge wat my gepla het. Nou is ons in ‘n nuwe jaar en dis mos nou tyd vir ‘n “nuwe ek” ook. Hoekom doen mense dit? Hoekom wag ons tot die begin van ‘n nuwe jaar om ons shit bymekaar te probeer kry? Want ons as mense moet ‘n begin punt hê en om in die middel van ‘n jaar vars te begin is bietjie soos om ‘n piepie half pad af te knyp, dit voel net nie reg nie.

Ek het ook nou op band wagon gespring met ‘n Instagram account waar ek met random mense gaan deel (deur die kuns van fotos) hoe blerrie moeilik dit is om gewig te verloor. Ja, almal praat van gewig verloor maar ek moet nou want die keer het ek dit te ver laat gaan. Ek het ‘n treadmill gekoop en elke dag is ek van “you can do this, al is dit net vir 5min”. Geen drank, geen twak (mens kan nie draf met ‘n cigarette in die bek) en die coke moet ook waai net soos laas. My grootste skop in die gat om by al hierdie dinge te hou is dat ek nie dink my man begeer my meer nie. Ja natuurlik is hy baie baie baie lief vir my maar hy “kyk” nie meer na my met daai iets in sy oog nie. Daai iets wat jou hoendervleis gee en laat bloos. Nee dit gaan nie werk nie hoor, ek het daardie kyk nodig in my lewe. Dis dalk nie elke vrou se droom dat haar man na haar moet kyk soos ‘n stuk nat biltong met ‘n dik stuk geel vet aan nie but me, I want it.

So hier is ‘n paar planne vir die jaar:

Oefen op daai duur treadmill

Los die suiker, twak en drank

Eet minder vleis (ek kan net nie meer nie, dit breek my hart om diere te eet)

Blog bietjie in Engels

Maak tyd en gee volle aandag aan my gees (meditation and ritual)

Dis al. En dis vir die eerste ses maande van die jaar. In Junie dan sit ons weer met die lysie en pas hom aan vir hoe my lewe dan lyk. As mens jou hele jaar probeer beplan dan kan jy dalk van die pad af gaan nog voor jy half pad is. Ek dink my woord vir 2018 is realisties/realistic. Ek is eerlik oor my gewig, ek is vet nie blind nie en ek weet ek gaan nie maer word die jaar nie. Die beste wat ek voor kan hoop is gesond. Kyk, ek reken my lewe is flippen great as hierdie nou al is waaroor ek hoef te worry. So my tweede woord vir 2018 sal wees dankbaar. As iets gebeur sal ek op daardie twee woorde fokus.

Hey, en julle moet bankvas sit vir my Melinda van der Scuff reeks. Sy is ‘n kunstenaar wat juwele maak en saam haar man Cedric op Heidelberg, Wes Kaap bly. Ons gaan ‘n onderhoud met Melinda doen en hoor hoe sy mooi juwele maak, ‘n paleo vegan is en haar kind met papier nappies groot gemaak het want dis eco friendly. (Tong-in-kies mense)

Leja

 

Tarra!

Die groot pak het begin. Dis altyd ‘n storie as mens 1000km moet ry. Dis ‘n groter storie as daar nie Engens met Wimpy’s langs die pad is nie. Die kant van die grens piepie jy in die bos en pak jou eie kos. Old school bra. So vir nou is hierdie die laaste blog. Daar is natuurlik ‘n kans dat ek voor 1 Januarie my gat sal wip vir iets en kom braak hier waar ander dit kan lees maar ek gaan my beste probeer om sulke dinge nie te doen. My raad vir die laaste 2 weke van 2017 is soos volg:

*Leer om saggies te poep en eet kos wat dit lekker stink maak. Hierdie wapen werk goed as Woefels iewers onder iemand se stoel is sodat jy dit op hom kan blameer. Gebruik dit indien iemand begin praat oor “wat’s jou planne vir volgende jaar” of “hoekom drink jy so baie”. Dis veral effektief as jou broer of suster se spawn nie hulle ry kan kry uit die grootmense geselskap nie. Ken egter die verskil tussen wind of nat. Niemand wil jou briekmerk was nie.

*Slaap soveel as wat jy kan. Jy het geen verskoning nodig vir die een nie. Doen dit net. En moenie jou aan negatiewe mense steur wat goed kwyt raak soos “Jy’s nou eers 3 ure wakker.” nie. Hulle is net jaloers dis maar al.

*Dink een vreeslike gross storie uit soos hoe jou papsmeer of prostaat ondersoek gegaan het en have it ready as die mense begin praat oor politiek of godsdiens. As jy nie vinnig intree, kan julle ‘n regte egte red Christmas beleef.

*As iemand sê “Ek gaan gou…” antwoord dadelik met “Ek kom help jou.” Die ou wat agter bly gaan na oom Frikkie se in my dae stories moet luister, sy dop volhou en later sy valstande keer wat uit sy mond gly na hy aan die slaap geraak het. Don’t be the man (or woman) left behind. Maak net seker jy luister die sin klaar voor jy antwoord want as jou skoonma sê “Ek gaan gou”…en jy antwoord te vroeg, kan dit ongemaklik wees as sy klaar maak met “piepie”

*Secret stash is ‘n moet. Daar gaan ‘n tyd kom wat die drank gaan min wees OF mamma gaan reken die hele lot van julle het nou genoeg gesuip vir een vakansie. Koeler in die bakkie, bar fridge in die stoor of self ‘n sak met blikkies in die swembad pomp sal werk.

*MAAR….Moenie te veel drink. Nou is nie die tyd vir jou om dood eerlik te raak oor hoe vet jou sussie is of hoe dom jou boetie se vrou is nie. Drink net genoeg dat jy van almal hou, slaan oor na water tot hulle jou weer irriteer en knak dan weer ‘n bier. Hou so aan vir so lank as wat jou lewer dit sal toe laat. Daar is geen ander manier om deur kersseisoen te kom wat ek van weet nie.

*Moenie saam praat. Nooit ooit nie. Vandag praat almal oor oom Gert en tannie Rina se fights en sodra 2018 die kalender slaan…is JY die een wat geskinder het. Niks wat tydens kersseisoen gesê word, bly daar nie. Luister net, lag vir die grappies en as iemand jou vra wat dink jy…. “Ek gaan gou kyk na die swembad pomp. Klink bietjie af”

En die heel belangrikste reël, geniet dit. Geniet die laaste bietjie van 2017, laai jou batteries vol en vermy social media soveel as menslik moontlik. Vat net ‘n breek en gaan sit buite op die gras met jou oggend koffie. Sit lank met jou ma en praat oor toe sy jonk was. Geniet jou pa se simpel grappies oor paddas op klippies. Speel saam die kinders in die swembad al kan jy die volgende dag nie loop nie. Have as much fun as you can want dit gaan ‘n jaar wees voor ons dit weer kan doen en teen dan, is daar dalk ‘n geliefde wat nie meer saam op die bus ry nie. So…

Geseënde Kersfees

Image result for christmas

Happy Summer Solstice, Adonia, St. John’s Feast Day, Jāņi, Enyovden, Liða / Litha, Midsommar, Ivan Kupala Day, Juhannus, Mittumaari, Alban Hefin, Gŵyl Ganol yr Haf, Sankthans, Jaanipäev, Keskikesä, Rasos

Image result for happy litha

En voorspoed vir die nuwe jaar

Image result for happy new year

Leja

 

#EksOorDit

Time Magazine het die #MeToo veldtog as die persoon van die jaar aangewys. Ek is so oor hierdie stront dat ek kan kots. As ek nog een maer gemake up en gepolish Hollywood diva sien piss en moan oor hoe een of ander ou aan haar ass gevat het, I might kill myself. Ek dink nie jy is braaf om 10 jaar te wag en eers iets sê sodra die band wagon verby rol nie. Ek dink nie jy is braaf om te sê hy het jou “assault” maar jy werk steeds saam hom. Jare terug was my baas ‘n sekspes, ek het hom mooi vertel ek is ongemaklik met sy gedra en toe hy eendag my op die gat klap toe moer ek vir hom dat hy sit. Tog was dit nie hy vir wie ek die kwaadste was nie. Ek was woedend vir die ander vrouens wat daar gewerk het en net gemaak het of hulle niks sien nie. Hy kon my nie afdank nie want ek sou ‘n big stink daarvan gemaak het. Hy het wel my probeer toe gooi onder werk om my so “uit te werk” en ek het toe ‘n punt daarvan gemaak om elke vroue klient wat ek voor koffie moes aan dra te waarsku oor sy los hande. Raai watter een van ons het die langste daar gewerk. Hie-hie.

Ek het respek vir vrouens wat na vore kom en praat en nie toe laat dat hierdie ouens weg kom hiermee nie. MAAR. Nou wil dit vir my lyk of elke tweede ding met tieties net ‘n 15sec van fame wil hê. Magtig, en hierdie STRONG WOMEN  bull maak my ook siek. So jy reken as julle nou vra vir gelyke betaaling en bitch oor vatterige mans dat ons nou gered is? Ons is nou sterk en awesome want ons trek mooi aan en gee mooi speeches en skei mans wat nie op standaard is nie. Tog laat julle toe dat daar programme is soos Bad Girls Club waar vrouens soos hoere aan trek en dan mekaar dik slaan. “Julle” klomp sterk vrouens aanbid by die altar van hoe mooi julle lyk en hoe maer julle is. As Reese Witherspoon regtig so sterk vrou was dan het sy 10kg op getel en steeds met mooi rokke op die rooi mat gaan loop. Nope, jy sal nie dit sien nie. As julle regtig so sterk was sal julle programme soos Real Housewives of Whatever boikot en eis dat dit nie gemaak word nie. Daardie programme wys vrouens as agter af, skinderbekke en die woord bitch vlieg so vrylik rond. Wat van skep bietjie ‘n sisterhood met programme waar hulle wys hoe vrouens vir eens oor die weg kom.

En net ‘n vinnige FYI, die dag as oorlog kom wil ek graag sien hoe hierdie Hollywood starlets hulle kinders beskerm met hulle “strong” hastag. Weet jy wie is vir my ‘n held? Die vrou wat “oorgewig” is volgens vandag se stanaard maar daai lyfie rock soos ‘n diva. Of die vrou wat kersfees die jaar saam haar kinders gaan misloop want sy het ‘n uniform aan en werk daar waar daar oorlog is. Of die vrou wat haar dogter leer lees, dink vir haarself en mooi laat verstaan dis nie hoe die appel buite lyk wat sy kwaliteit bepaal nie. Wat van die vrou wat haar seuns leer hoe om gentleman te wees en steeds hulle pa soos ‘n koning hanteer. Of die vrou wat nee sê vir skinder sessies saam “vriendinne” en ja sê vir work shops waar vrouens mekaar se gees vlerke gee. Wat van die vrou wat die ander ma nie judge oor die kleintjie se gesig vuil is nie maar nader staan om met die kroos te help. Weet jy wie is vir my ‘n sterk vrou? Elke dag se regte vrouens.

Hoe ouer ek word, hoe harde skop ek teen hierdie Hollywood masjien wat vir ons wil kom voorlê hoe ons moet lyk en voel en dink. Stem jy nie saam met Me Too nie, dan is jy ‘n man se slaaf. Wil jy graag getroud wees en huisvrou speel? Jy is gebrein spoel. Is jy okay daarmee dat jy 10kg oorgewig is? Jy is lui en vieslik en niemand kan vir jou lief wees.

Ek stress my heel jaar dood want Desember gaan ons weer tussen die familie wees en ek is oor gewig en die en daai. Toe vra my man my vir wie ek nou eintlik so dieet want hy smaak die vetties.

“Ek wil nie die vetgat tussen jou sussie wees nie. Dan is dit weer grappies oor hoe gesond ons is en hoe lekker ons lewe en ek weier om dit deur te gaan.” en met dit klap die waarheid my tussen die oë. Ek doen al die mooi maak sodat ander vrouens my nie oordeel nie. Gaan sit gou mooi en dink hieroor, ons worry meer oor wat ander vrouens sê as wat ons eie mans dink van ons. Dink net hoe maklik sou ons lewe wees as ons mekaar kan omhels sonder ‘n mes in die hand. Vrouens wat mekaar spasie gee om uniek te wees, ‘n gewone mens te wees en die pieringtjie melk bietjie bêre. Dink net hoe anders ons lewe sal wees as ons as vrouens net hande vat, ons diep liefde met mekaar deel want net vrouens verstaan daardie gee en gee liefde. Wat van nee dankie vir die Karashians en ja vir  Margaret Atwood,  Karen Armstrong, Naomi Wolf, Rachel Carson en Malala Yousafzai. DIS die mense wat voor op ons tydskrifte moet pronk, dis die vrouens wat miljoene “followers” behoort te hê.

Leja

Liewe Pa’s, Ooms, Oupas en Boeties

Leer die meisiekinders in julle lewe hoe om met hulle hande te werk. Leer hulle om ‘n band om te ruil, om met tools te werk en gemaklik te wees daarmee. Leer hulle die hardware store lingo sodat hulle kan vra vir die ding wat hulle soek sonder om goed soos

“Man, dis so ding wat jy op die pyp sit onder die wasbak om die swart pyp aan die silwer pyp vas te maak” kwyt te raak nie.

Of

“Dis ‘n thingy wat so skeef staan wat jy gebruik om daai silver goed aan die skroefies vas te maak.”

Leer hulle die lingo dammit. Leer hulle hoe werk ‘n kar sodat skelm grease monkeys hulle nie bombardeer met woorde wat hulle nie ken en dan goed vervang waarmee daar niks fout is. Een so knaap het daai storie met my probeer tot ek my oupa bel. Oupa was self ‘n grease monkey toe die grys minder was. Kyk, ek dink daardie outjie het daai dag die poorte van die hel gesien toe my oupa daar los trek. Hy’t op een slag die mannetjie aan die oor onder my kar in met woorde soos

“Julle klomp fokken laaities sal nie die verskil tussen julle ballas en ‘n ball bearing ken nie”.

Image result for women working with tools

Ek weet dat seuns is buite in die gemors en meisies binne waar daar gebak word. Dis nie omdat my manne in my lewe my nie wou leer nie maar ek wou veels eerder bak saam ouma as stink na olie saam oupa. Ek wens hy was meer streng en het my gedwing. Vandag is ek baie spyt want ek is heeltemal onhandig. Ek is nie gemaklik met tools nie en weet nie wat noem jy die een tang met die skerp bek of die een wat so half rond lyk of-of-of nie. Nou dat ek so besig raak met die juwele, nou kom byt dit my in die gat. Ek moet nou elke tweede ding wat hulle van praat gaan Google. Nee, ek sal nie my man vra nie. Ek gaan eers sy neus breek en hom dan vergiftig as hy weer sy oë rol vir my en met ‘n laggie sê

“Mens noem dit circlip pliers my liefietjie.”

F@k jou.

Omdat ek so onhandig is met die goed is hierdie wire wrapping ding ook flippen moeilik. Ek is gewoond daaraan om in my kop te werk. Stories en so meer. Nou moet ek iets sien en dan dit met my hande doen. Ek sukkel my dood. Niks laat jou besef hoe dom jy eintlik is soos wanneer jy ‘n nuwe vaardigheid aanleer. Moenie dink dit laat my sleg voel nie, inteendeel, ek voel na baie meer “down to earth”. Ek besef ook dat niemand is beter as ek is nie. Hulle skills mag dalk beter wees maar niemand is bo my nie. En toe, net omdat ek lyk my nie net een varkie kan verloor nie maar sommer die hele plaas moet laat gaan, skryf ek in vir ‘n kursus in good ol’ England. Hoekom? Want lande soos Zim kry free online courses, ek moet net ‘n resident wees… en ek is. Playing the system. Hahahaha!!!

Image result for strong women

Jy wonder seker hoekom nou, dis Desember. Dis die einde van die jaar, hoekom nie wag tot Januarie wanneer almal hulle nuwe begin ding doen. Nope. Ons moet einde kry met hierdie uitstel tot later storie. As jy ‘n idee kry, gaan daarvoor en doen dit nou. Hopenlik is daardie idee om jou man te kry om vir sussie te leer wat is ‘n spanner. En nee, dis nie die ding wat sy date nie (ek het dit vir jare geglo oor my ex. Imagine my surprise). O en ‘n band ruil en seker die heel belangrikste een…hoe om een helse goeie vuishou te plant op ‘n ou se snotboks. Manne, as jy in jou lewe jou meisiekind of familie-meisiekind net een ding kan leer, leer haar hoe om te boks. I kid you not. Ek het my man gevra om my te leer boks maar vir een of ander rede vermy hy die onderwerp. So weird.

Image result for women boxing

Leja

As Die Gees Die Gees Gee

Dis 5 Desember en vir die eerste keer in my lewe, is daar nie ‘n kersboom met liggies en blink goeters iewers in die huis. Die kerstyd was nog altyd ‘n big deal vir my. Ek is ‘n liggies en blinkertjies tipe mens so hierdie tyd van die jaar het my kinderlik gelukkig gemaak. En skielik die jaar…POEF….weg is daardie gevoel. Ek stel glad nie belang om die kersboom op te slaan nie, ek sien nie uit na kersfees nie en vir een of ander rede voel ek dag vir dag net meer hartseer. Hierdie stupid tyd van die jaar moet nou verby kom.

Image result for fuck christmas

Kyk, en al hierdie feelgood movies wat op elke kanaal wys is besig om my sooibrand te gee. Ek verstaan ons moet groot harte en oop hande hê maar hoekom wag almal tot kersfees om dit te doen, om daardie boodskap te pomp? Moet jy nie heel jaar so wees nie? Dan is daar natuurlik die malle gejaag om soveel goed as moontlik te koop. Hierdie storie verstaan ek nie. Jy het klaar genoeg goed in jou huis, nou gaan koop jy nog goed om wat te doen? Gaan ‘n nuwe ipad jou man laat ophou suip? Gaan daardie nuwe kiddies bike vir die laaitie op maak vir die lang ure wat jy eerder voor die TV sit as met jou kind speel? Ek is lankal uit die kersfees geskenkie game uit. Ek weier om vir mense geskenke te koop vir kersfees, dis mos waarom jou verjaardag daar is. Jou verjaardag is joune alleen en dis my kans om jou net te remind dat jy awesome is EN hoe dankbaar is ek vir jou. Kersfees soos dit nou staan is net ‘n geldmaak foefie en ek weier om ‘n skaap te wees.

Wat soek ek vir kersfees? Mense wat onthou ek bestaan. My ouma se kos, my oupa wat die huis van bo tot onder blink maak en warm laat voel, dat my ouers my net vir ‘n slag verstaan, dat ek en my boetie weer beste maats kan wees (toe ek boobs gekry het, het die vriendskap verdwyn. Ek dink hy was teleurgesteld dat ek ‘n chick was) dat my man my hand vas hou as ons uit gaan, dat Spookie huis toe kom, dat Weeskind dit af leer om op my bors te klim en dan te wil poep. Die belangrikste ding wat ek vir kersfees wil hê is dat mense besef ek vra nooit vir niks so die dag as ek wel my mond oopmaak, luister en gee wat ek voor vra. Mens sou dink dat 30cm van dun koperdraad nou nie so big deal sal wees nie.

Die gees van kersfees behoort samesyn en omgee te wees. Ek dink ons almal het dit vergeet.

Leja

 

My Eerste Seester

“A young girl was walking along a beach upon which thousands of starfish had been washed up during a terrible storm. When she came to each starfish, she would pick it up, and throw it back into the ocean. People watched her with amusement.

She had been doing this for some time when a man approached her and said, “Little girl, why are you doing this? Look at this beach! You can’t save all these starfish. You can’t begin to make a difference!”

The girl seemed crushed, suddenly deflated. But after a few moments, she bent down, picked up another starfish, and hurled it as far as she could into the ocean. Then she looked up at the man and replied, “Well, I made a difference to that one!”

The old man looked at the girl inquisitively and thought about what she had done and said. Inspired, he joined the little girl in throwing starfish back into the sea. Soon others joined, and all the starfish were saved.”

Wanneer ek stress, wanneer dinge te veel raak en dit voel of ek geen verskil maak in hierdie mal wêreld, dan dink ek aan die storie hierbo. Ek gaan nie al die nagaapies red nie maar ek het een gered. Ek gaan nie al die honger kinders kan help maar ek het vandag die een gehelp. So bly ek praat tot my hart weer ‘n normal ritme het en die berg voor van ‘n Everest na ‘n molshoop gegaan het. By the way, ek sien nou eers hoe ironies daardie berg se naam is. Eve-rest. Terug by die storie, ek het toe uiteindelik my eerste twee juweel stukkie gemaak. Ja, dit lyk of ‘n dronk kleuter dit gemaak het maar ek het die eerste tree geneem op hierdie nuwe pad.

My vriendin beskryf dit as “intressant” m.a.w dis ‘n klomp bol maar sy’s gaaf genoeg om nie my gevoelens seer te maak nie. Ek nou weer dink dis vreeslik mooi want elke ma dink mos HAAR kind is die heel mooiste al het die arme ding skewe tande en Oos-Wes oë. Ek het nog baie werk om te doen voor ek enige stukkie kan verniet weg gee (wat nog verkoop) maar ek weet wat my idee is, ek weet dis moontlik dat ek dit kan doen. Wat ek agter gekom het van my arts & crafts sessie gister is dat ek baie kan reg kry sonder die regte draad, tools of klasse. My hardkoppigheid is genoeg om my deur enige iets te kry.

The Girl & The Starfish. 

Leja